Skip to main content

Henning Jacobus Claassens


20 Des 1930 - 1 Aug 2020


Oupa Boy

Oupa en ek het vroër vanjaar met mekaar gesels en bevestig dat in amper 100 jaar wat hy van kon getuig daar nog geen jaar soos 2020 was nie. Min het ons geweet ...

Ons het nie genoeg gesels nie, met 'n familie van 5 is dit soms moeilik om tyd te maak wanneer almal rustig kan sit en met mekaar gesels. Gelukking het die internet dit met die tyd saam makliker gemaak en kon ons nou en dan bietjie gesels, buiten die een keer per jaar wanneer ons SA kon besoek en lekker saam kuier.

Boy Claassens was een van die positiefste en geselligste mense wat ek nog ooit die voorreg gehad het om te ken. Ek dink nie ek het al iemand anders ontmoet wat so veel keer op sy verjaarsdag die foon moes antwoord nie. Sy hande het vir niks verkeerd gestaan nie, hy was altyd bereid om te help en sy kennis was wyd en diep.

Wat ek graag onthou:

  • Die lekker speel met die karre in Moulton Laan.
  • Ontbyt by Wimpy op Sondae toe ek klein was.
  • Lekker biltong en droëwors van al die jagtogte.
  • Al die mooi karre, oud en nuut.
  • Die aanmoediging met die akademie in die hoërskool.
  • Oupa wat my elke dag by die skool kom haal het in matriek met Waterpokkies.
  • My eerste kar, en die proses om dit soos nuut te maak.
  • Vakansies in Hartenbosch, George.
  • Die lang gesprekke oor die familie geskiedenis.
  • Die familie besoeke in Pilanesberg en Kruger wildtuin.
  • Saam sit en rugby kyk.

Ek is dankbaar:

  • Vir 44 jare van die beste oupa wat enige iemand voor kon wens, 'n lang voorreg vir weninge mense.
  • Vir al die lekker kuier en gesellige braaie, etes wat ons kon deel.
  • Dat oupa al my kinders kon leer ken.
  • Ons 'n foto kon kry met 4 generasies.
  • Dat Liam Henning Prinsloo (8 Okt 2017) trots sy naam kan verder dra.

Ek wens:

  • Dat ek saam met hom kon gaan jag het, hy was baie lief vir die veld en behalwe vir al die tye saam in die wildtuin, kon ek nooit saam met hom in die veld wees nie.
  • Dat ek hom meer gereëld gebel het, veral in die laaste maand.
  • Dat oupa daar kon wees op ons troue in Irene.
  • Dat oupa kon kom kuier het in Switzerland.
  • By hom kon leer om selfs net die helte so gesellig soos hy te wees. 

Fotos





Comments

Popular posts from this blog

Week 2: London

Week 2 was a walking week. It never rains in London! It's been sunny and warm for 2 weeks now! We have been walking the city all week and exploring. This place is so beautiful with amazing buildings, parks, shops, and people. The trees and flowers are in full bloom and the baby ducklings are in all the ponds. Favorite sites from this week: Primrose Hill, Regent's Park, Hyde Park, Kensington, Holland Park, Buckingham Palace, etc. We revisited favorite playgrounds for the girls to be girls,  princess Diana memorial playground and Coram's Fields playground. There is so much to see here. We saw some familiar faces this week which was so nice. We met Andre Friday night after work at Buckingham Palace and walked home. What a historic walk past every famous building in history. Now I'm sitting in our living room listening to St Paul's Cathedral church bells telling me it's time for bed. Happy 3 day weekend! ...

The Oprah Effect of renting our house

So I randomly put our house up for rent on Zillow and Craigslist on Tuesday this week. Immediately my phone started ringing nonstop and my email was flooded with interest. I had no idea this would happen. I thought people might want to see the house in a week or so, giving me plenty of time to clean and get organized. But alas, the interest was instant and we had many families on Tuesday, Wednesday and Thursday come see our house. Now we just need to figure out how to rent out our house. Do we use an online rental agreement or use a rental agency? So Monday we go to get our Bio-Metrics done in Tukwila, WA. I guess 5 days after this we should have our Visas in hand and be ready to fly to London! I guess I should put in my 2 weeks at work soon right? But for now it's business as ususal. The girls are in daycare, we are at work, Teens is holding down the fort at home. I have removed the Craigslist listing of our house so that my phone can take a breather. We have met some really n...