20 Des 1930 - 1 Aug 2020 Diens Bywoon (12 Aug 2020 - 11:00) Kliek hier vir streaming Oupa Boy Oupa en ek het vroër vanjaar met mekaar gesels en bevestig dat in amper 100 jaar wat hy van kon getuig daar nog geen jaar soos 2020 was nie. Min het ons geweet ... Ons het nie genoeg gesels nie, met 'n familie van 5 is dit soms moeilik om tyd te maak wanneer almal rustig kan sit en met mekaar gesels. Gelukking het die internet dit met die tyd saam makliker gemaak en kon ons nou en dan bietjie gesels, buiten die een keer per jaar wanneer ons SA kon besoek en lekker saam kuier. Boy Claassens was een van die positiefste en geselligste mense wat ek nog ooit die voorreg gehad het om te ken. Ek dink nie ek het al iemand anders ontmoet wat so veel keer op sy verjaarsdag die foon moes antwoord nie. Sy hande het vir niks verkeerd gestaan nie, hy was altyd bereid om te help en sy kennis was wyd en diep. Wat ek graag onthou: Die lekker speel met die karre in Moulton Laan. Ontbyt by...
Comments
Post a Comment